Unam Neudamm Inligtingsdag
Wednesday, April 9, 2014

Op die 9de April 2014 het die Bonsmara Genootskap van Namibië `n inligtingsdag aangebied op die plaas Claratal van die Freyer familie.

Die dag is ge-open deur Christo Strydom, ingelei deur Heiko Freyer, en gefasiliteer deur Charl van Rooyen van die Bonsmara SA Akademie. Die dag is bygewoon deur landboustudente sowel as hul dosente. Hierdie geleentheid word aangebeid om senior studente ‘n geleentheid te gee om dit wat hulle geleer het, in die praktyk toe te pas en te sien hoe wetenskaplike beesboerdery in die praktyk lyk.

Heiko Freyer het die studente vertel van die ontstaan van Clarat al en die proewe wat deur sy vader begin is, onder andere op die Bonsmara-ras. Daar is ook breedvoerig gepraat oor bestuur en algehele werking van die sisteme van die Bonsmararas.

Die hoofspreker en kursusleier was Charl van Rooyen,`n ou legende en beeskenner. Hy het die studente en dosente vermaak met sy interessante manier van klasgee, wat groot aanklank gevind het. Daar het breedvoerige besprekings plaasgevind oor hoekom die Bonsmararas so ‘n ideale ras in Namibië is en so groot aanklank vind in die geheel. Daar is ook gepraat oor die ekonomiese sy van beesboerdery en watter groot rol vleis in die totale ketting van die ekonomie gaan speel om te voorsien aan die groeiende bevolking in die RSA en Namibië.

Die opgraderingstelsel van die ontstaan van die Bonsmararas deur Prof. Bonsma op die proefstasie Mara en die redes hoekom die afsonderlike begin-rasse gebruik is, wat deel uitmaak van die Bonsmara, het baie vrae uitgelok onder die studente. Insiggewende besprekings het tot tevredenheid van almal gelei.

Die praktiese bespreking van die diere op die plaas Claradal is behartig deur die plaaseienaar sowel as senior Bonsmara persone, en daar is baie klem gelê op die ideale raamgrootte sowel as die diere wat ekonomiese waarde toevoeg. Alle praktiese besprekings is gestaaf deur volledige syfers en inligting wat beskikbaar is – ‘n vereiste vir alle Bonsmarastoetdiere.

Na die praktiese bespreking het die studente sowel as die lektore `n skriftelike toets afgelê wat later gepaard gaan met `n sertifikaat wat aan alle betrokkenes oorhandig sal word.

Mnr Freyer het `n braai aangebied vir die Neudamm -studente wat baie geniet is, net soos studente kan. Daar is twee en tot soveel as drie keer by die kospotte verbygegaan en almal het gelag en gesels en net die samesyn geniet.

Wat vir die teenwoordige bestaande telers en lede van die bestuur van die Bonsmara- genootskap baie opvallend was, was die manier hoe die studente, honger vir inligting, alles opgeraap het wat aan hulle deurgegee is.. Dit was verder ‘n riem onder die hart om so ‘n mooi groep goed opgevoede studente te sien wat die landboubelange van ons land in hul harte dra. Wat ‘n vertroosting om die versekering te kry dat die toekomstige landbou van Namibië in goeie hande is.

Recent News

Monday, 23 March 2020

On 23 March 2020 the Bonsmara family has lost one of its dearest pillars and beacons with the passing away of Jorg Sigwart.

No one will ever be able to fill his place, he showed each and every one of us how to live fully and compassionately! His place will forever be empty amongst us.

Meatco Producer of the month - February
Published in Agriforum
Saturday, 29 February 2020

We would like to congratulate David Botha and his daughter Dene Botha with this outstanding performance!

FNB / Bonsmara Namibia Training day 2019
Published in Rubicon
Tuesday, 09 April 2019

On Tuesday the 9th April 2019, 126 people arrived at the Agra / Bank Windhoek Ring and Lecture venue for the Bonsmara Training Day.

The audience consisted of students from UNAM, NUST as well as young emerging farmers.